Creator Forum - Racial Loyalty News Online

Racial Loyalty News => General News => African News => Topic started by: Maritz on Tue 23 Feb 2010

Title: Oud-Springbok Se Broer Veg Om Lewe Na Skietery
Post by: Maritz on Tue 23 Feb 2010
Die gewese Springbok-atleet Evette de Klerk se polisieman-broer wat die naweek in 'n huisrooftog in Pretoria geskiet is, was gister nog nie buite gevaar nie. Hy het ná 'n noodoperasie infeksie in sy dunderm opgedoen. "Dit gaan nie so goed met my boetie nie," het 'n emosionele De Klerk gisteroggend gesê.

Dié polisiekaptein van die polisie se nasionale hoofkantoor in Pretoria is Saterdag by sy huis in Kilnerpark in die maag geskiet. Hy, sy vrou en dogter van ag het kort ná middernag by die huis gekom toe dit gebeur het. Die koeël het sy dunderm volgens De Klerk op drie plekke beskadig. "Hulle wil hom môre (vandag) weer opereer om die patroon te verwyder, maar as die antibiotika die infeksie nie kan teenwerk nie, sal hulle hom noodgedwonge vroeër moet opereer."
Supt. Eugene Opperman, polisiewoordvoerder, het gesê die kaptein se identiteit word weerhou omdat sy vrou vrees om blootgestel te word omdat hy 'n polisieman is. Die egpaar het ook 'n seun (11) wat tydens die voorval by 'n maatjie oorgeslaap het.

"Dit gaan oukei met die kinders, maar veral die seuntjie is baie hartseer, want hy verstaan beter wat met sy pa gebeur het," het De Klerk gesê. "Hul ma is egter nog erg getraumatiseerd en baie emosioneel." Die polisie ondersoek 'n saak van poging tot moord en gewapende roof. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Bron : http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/9b094ce87a1f48e09dddc15c994d607f/23-02-2010-12-14/Oud-Springbok_se_broer_veg_om_lewe_n (http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/9b094ce87a1f48e09dddc15c994d607f/23-02-2010-12-14/Oud-Springbok_se_broer_veg_om_lewe_n)